NewsNews
Covid-19 statistiek: Meer as 3 miljoen pasiënte het herstel
Turkye het Frankryk se plek ingeneem onder die top 10 lande wat die swaarste gebuk gaan onder Covid-19. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 488 246 (gister was dit 6 404 833). Tot dusver het die virus reeds 383 213 lewens geëis. Daar het tot dusver 3 090 734 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 27ste op die lys met 35 812 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 884 816 (gister – 1 860 626) en 108 194 sterftes (gister – 106 945). ‘n Totaal van 646 414 het tot dusver van die virus herstel.
- Brasilië – 558 237 gevalle (gister 529 405) en 31 309 sterftes.
- Rusland – 432 277 gevalle (gister 423 741) en 5 215 sterftes.
- Spanje – 287 012 gevalle (gister 286 718) en 27 127 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 277 985 gevalle (gister 276 332) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 39 369.
- Italië – 233 515 gevalle (gister 233 197) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 530.
- Indië – 209 611 gevalle (gister 201 009) en 5 845 sterftes.
- Duitsland – 184 163 gevalle (gister 183 820) en 8 677 sterftes.
- Peru – 174 884 gevalle (gister 170 039) en 4 767 sterftes.
- Turkye is terug onder die top 10 lande met 165 555 gevalle en 4 585 sterftes. (Frankryk is dus nie meer onder die top 10 lande nie (is tans nr. 12).
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 021 gevalle (gister 83 017) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 73 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
