Local newsNewsNewsBreaking News

Honderde huishoudings sonder krag nadat Emfuleni kabels raakgrawe

VEREENIGING. – Honderde huise in Drie Rivere is Woensdagaand (3 Junie) sonder krag gelaat toe werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo kragkabels met skopgraaf raakgegrawe en beskadig het en toe spoorloos verdwyn het. Met aankoms op die toneel was hul toerusting steeds daar maar die werkers skoonveld. Water het ook oor die pad gestroom. …

VEREENIGING. – Honderde huise in Drie Rivere is Woensdagaand (3 Junie) sonder krag gelaat toe werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo kragkabels met skopgraaf raakgegrawe en beskadig het en toe spoorloos verdwyn het.

Met aankoms op die toneel was hul toerusting steeds daar maar die werkers skoonveld. Water het ook oor die pad gestroom.

Volgens rdl. Daleen Venter, wyksraadslid van Drie Riviere, het dit alles begin toe werkers van Vumatel, ’n maatskappy wat veseloptiese kabel in die buurt aanlê, vroeër ’n waterpyp raakgegrawe het.

Volgens Venter het Vumatel  ’n private loodgieter gekry om die pyp reg te maak.

Die loodgieter was op pad om die pyp reg te maak maar werkers van Emfuleni Plaaslike Munispaliteit het aangedring om die herstelwerk te doen. Dit is toe wat hul die kragkabels met ‘n skopgraaf raakgegrawe het.

Die werkers het kort daarna die toneel verlaat.

‘n Inwoner van Drie Riviere by die plek waar werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit ‘n kragkabel raakgegrawe het. ‘n Hele buurt sit sonder krag as gevolg daarvan. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button