Passie vir fotografie word nie afgeskeep nie
Van die "lockdown-fotograwe" mag dalk weer terug wees by die werk, maar hulle kry gelukkig darem nog so tussen deur kans om mooi foto's te neem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad is van vandag weer beskikbaar. Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds vandag verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie interessante monochroom foto ingestuur. 
Paula Stols van Vanderbijlpark het die foto sowat 20 km buite die dorp by haar “nuwe huisie in die bos” geneem. Dit is die Vaalrivier wat daar vloei! 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuurfoto geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi “low key” foto geneem en die pragtige pratrone mooi vasgevang. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Dricky Gouws van Vanderbjlpark het die stillewe opgestel en afgeneem. 
Eileen Pretorius van Ablerton het die pragige sonsondergang foto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi monochroom stillewe foto geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die bytjie binne die blom betrap en afgeneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n kat geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige makro foto geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die pragtige foto geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die prag-foto van die maan gedurende die dag geneem. 
Eileen Pretorius het met vuur gespeel en die mooi foto geneem. 
Zinta Taljaard van Vanderijlpark het die mooi foto van haar dogters geneem.
