Local newsNewsNews

Vaalweekblad betree ‘n nuwe era

VANDERBIJLPARK. - In ‘n snelgroeiende wêreld waar daar elke dag nuwe tegnologie tot die mens se beskikking is, moet daar in enige besigheid gereeld veranderinge aangebring word om vooruitgang te verseker.

Vaalweekblad het in sy 56-jarige bestaan nog nooit weggeskram van verandering as dit tot voordeel van ons lesers en kliënte kon wees nie. Uit met outydse tikmasjiene, in met moderne rekenaars en die internet. Uit met film kameras, in met gevorderde digitale toerusting. Uit met verouderde programme, in met die nuutste … die lys gaan aan.
En nou het die tyd aangebreek vir nog ‘n groot verandering!
MooiVaal Media (Vaalweekblad / Ster North / Ster South / Sedibeng Ster /Parys Gazette / Potchefstroom Herald & Carletonville Herald) het nou ‘n nuwe era betree as ‘n sogenaamde “werk-van-die-huis-maatskappy”.
Dit beteken dat die plaaslike kantore in Vanderbijlpark en Vereeniging wat reeds tydens die nasionale inperking gesluit was, nie weer hul deure sal oopmaak nie. Dié verandering was altyd in die vooruitsig, maar die Covid-19 pandemie het dié futuristiese besluit aangewakker.
Die besluit is finaal geneem nadat daar gevind is dat pesoneel net so ‘n puik diens vanaf hul huise as vanaf hul kantore kan lewer. Dit maak dit ook moontlik vir werknemers om meer produktief te wees, en is veral tot voordeel van joernaliste wat byna 24/7 aan diens is. Aspekte van MooiVaal Media wat egter nie sal verander nie, is ons toegewydheid aan die gemeenskap en ons strewe daarna om die beste kwaliteit diens en beriggewing te bied.

“Change is the law of life. And those who look only to the past or the present are certain to miss the future” – John F Kennedy

  • Volledige uiteensetting van die onderskeie afdelings en kontaknommers in Vandag se Vaalweekblad. Die inligting sal ook in volgende week se Ster-koerante verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button