Local newsNewsNews

4 Junie: Sedibeng Covid-19 gevalle klim stadig maar seker

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 108 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 28 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 80 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 66 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 17 (waarvan 4 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 12 waarvan 5 herstel het (dit het voorheen getoon dat daar 6 herstel het, maar dit wys tans net 5). Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.

Daar is in totaal  reeds 4 567 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 222 herstel het en 33 gesterf het. Daar is dus nog 2 345 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 256 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 2 175 (1 275 herstel) = 900 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 937 (540 herstel) = 397 aktiewe gevalle

Tshwane – 570 (319 herstel) = 251 aktiewe gevalle

Wes Rand – 411 (60 herstel) = 351 aktiewe gevalle

Sedibeng – 108 (28 herstel) = 80 aktiewe gevalle

Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 366

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button