NewsNews

‘Bewering dat vuurwapen-amnestie misdaad laat afneem is onwaar’

"Die polisie probeer die indruk skep dat dit vuurwapen-amnestie was wat gelei het tot 'n vermindering van 'n wye verskeidenheid misdaad, in werklikheid was dit 'n direkte gevolg van die landwye inperkingsperiode," sê Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Die VF Plus het gister in ‘n vergadering van die parlementêre polisiekomitee beswaar aangeteken teen pogings van die polisie om die komitee te mislei in dié verband. Bheki Cele, minister van polisie, het erken dat sowat 50% van die onwettige vuurwapens wat tydens die vorige amnestieperiode ingedien is, vuurwapens was waarvan die lisensies verval het en wat nie gebruik is in die pleeg van enige misdaad nie.

Die VF Plus het aan minister Cele gesê sy uitlating dat ‘vuurwapens doodmaak’ is soos om te sê potlode spel verkeerd.

Volgens die polisie was daar geen bedoeling om die komitee te mislei nie en geen vuurwapens wat by polisiekantore ingehandig is vir ballistiese toetse, is gesteel terwyl dit in polisie-bewaring was nie.

Die polisie het die komitee gevra om ‘n verdere tydperk van amnestie goed te keur waartydens ongewenste of onwettige vuurwapens ingehandig kon word, omdat die inperking ‘n negatiewe uitwerking gehad het op die aantal vuurwapens wat ingehandig is.

Die VF Plus het daarop gewys dat die proses nie kan voortgaan voordat ‘n wettige kennisgewing wat die voorwaardes vir vuurwapen-amnestie uiteensit, voor die komitee gedien het nie. Die regskennisgewing in hierdie verband moet ook deur die komitee bespreek word voordat dit in die Staatskoerant gepubliseer word.

“Die wet laat nie toe dat ‘n amnestietydperk eensydig verleng word soos minister Cele wou doen nie, en daarom moet ‘n nuwe amnestietydperk geskep word. Sodra die wettige kennisgewing van die amnestie-voorwaardes by die polisiekomitee ingedien is, kan ‘n nuwe amnestietydperk goedgekeur word en vir oorweging na die Nasionale Vergadering verwys word,” sluit Dr. Groenewald af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button