NewsNews
Covid-19 statistiek: Brasilië se dodetal styg vinnig
Die Covid-19 gevalle en sterftesyfers in Brasilië is steeds kommerwekkend. Die land het tans die vierde hoogste sterftesyfer en dit vermeerder baie vinnig. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 606 480 (gister was dit 6 488 246). Tot dusver het die virus reeds 388 556 lewens geëis. Daar het tot dusver 3 193 305 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.
Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 26ste op die lys met 37 525 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 1 902 832 (gister – 1 884 816) en 109 159 sterftes (gister – 108 194). ‘n Totaal van 688 811 het tot dusver van die virus herstel.
- Brasilië – 587 017 gevalle (gister 558 237) en 32 602 sterftes.
- Rusland – 441 108 gevalle (gister 432 277) en 5 384 sterftes.
- Spanje – 287 406 gevalle (gister 287 012) en 27 128 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 279 856 gevalle (gister 277 985) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 39 728.
- Italië – 233 836 gevalle (gister 233 515) en die derde hoogste sterftesyfer van 33 601.
- Indië – 217 967 gevalle (gister 209 611) en 6 094 sterftes.
- Duitsland – 184 470 gevalle (gister 184 163) en 8 701 sterftes.
- Peru – 178 914 gevalle (gister 174 884) en 4 894 sterftes.
- Turkye – 166 422 (gister 165 555) gevalle en 4 609 sterftes.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 022 gevalle (gister 83 021) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 69 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.