Local newsNewsNews

Fotograwe sorg vir wye verskeidenheid

Die kreatiewe "lockdown-fotograwe" en hul unieke uitkyke op die lewe sorg dat Vaalweekblad vandag weer eens 'n wye verskeidenheid kunstige foto's het om met ons lesers te deel.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Karin Cronjé van Standerton het hierdie besondere toneel ontdek tydens een van haar oggend-uitstappies en die mooi foto geneem.
    Lyn Csongradi van Vereeniging het die mooi makro foto van ys in ‘n drankie geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die natuurfoto in skakerings van groen geneem.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi herfsblare teen die blou lug raakgesien en vasgevang.
    Theresa Jones van Parys het die mooi foto van die Vaalrivier in die vroeë oggendure by Villa Riviera in Parys geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het die kunstige foto van ‘n kosmos geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die natuurfoto van ‘n spinnekop geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die foto van ‘n “paradyse-vlieëvanger” in haar tuin geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi makro foto geneem.
    As die seisoen draai! Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van ‘n roos geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die natuurfoto van ‘n vlinder geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi kleurryke natuurfoto geneem.
    Die natuurfoto in monochroom is deur Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark geneem.
    Jan-Albert Erasmus van Vanderbijlpark het die besondere natuurfoto geneem.
    Natasja Kruger van Vereeniging het besluit om almal lekker honger te maak. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button