NewsNewsBreaking News
Man beseer in trompop botsing in Meyerton
MEYERTON. – ’n Werknemer van die die plaaslike vervoermaatskappy, Diraro Group, sterk in die hospitaal aan nadat hy Woensdagmiddag (3 Junie) beserings in trompop botsing op Heidelbergweg in Meyerton (in die omgewing van Saloojees) opgedoen het
Twee voertuie, ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n dubbelkajuit bakkie, het van voor af met mekaar gebots.
Na verneem word het die bestuurder van die ligte afleweingsvoertuig ligte beserings opgedoen.
Die ongeluk het laat gistermiddag gebeur.
Volgens Louw Riekert, bestuurder vir kwaliteit, gesondheid, veiligheid en omgewing by Diraro, ontvang die werknemer die nodig sorg in die hospitaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



