Nog ‘n huis in Vaal brand af!
VANDERBIJLPARK. - Die tweede huis in die Vaal het in minder as 'n maand afgebrand. Die keer 'n woning in Siemensstraat, CW3. Die huisbrand het gister omstreeks 13.00 ontstaan.
Die twee bejaarde inwoners, die 93-jarige Jan Ueckermann en sy vrou Christie (84), was in die huis toe die brand ontstaan het. Volgens ‘n ooggetuie was ‘n gasbottel wat ontplof het glo die oorsaak van die brand. Die oorsaak kon nie amptelik bevestig word nie.
Ander inwoners van die buurt het vinnig ingespring om te probeer help. Tuinslange en emmers vol water is aangedra in ‘n poging om die vuur te blus. Al die kamers in die huis, asook ‘n Kia wat in die motorhuis was, is egter baie erg beskadig.
Tannie Chistie is hospitaal toe geneem vir behandeling. Oom Jan is op die toneel behandel.
* Die Emfuleni Brandweer het uiteindelik die vuur geblus en is bedank vir hulle optrede.

