NewsNews

Covid-19 statistiek: Brasilië het nou derde hoogste sterftesyfer

Italië was vir 'n geruime tyd die land met die derde hoogste sterftesyfer na die VSA en die Verenigde Koningkryk. Brasilië het egter nou na die derde plek opgeskuif. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 6 727 527 (gister was dit 6 606 480). Tot dusver het die virus reeds 393 648 lewens geëis. Daar het tot dusver 3 270 033 pasiënte regoor die wêreld herstel. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 26ste op die lys met 40 792 gevalle)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 924 555 (gister – 1 902 832) en 110 210 sterftes (gister – 109 159). ‘n Totaal van 712 436 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië – 615 870 gevalle (gister 587 017) en die derde hoogste sterftesyfer van 34 039.
  • Rusland – 449 834 gevalle (gister 441 108) en 5 528 sterftes.
  • Spanje – 287 740 gevalle (gister 287 406) en 27 133 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 281 661 gevalle (gister 279 856) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 39 904.
  • Italië – 234 013 gevalle (gister 233 836) en 33 601 sterftes.
  • Indië – 227 273 gevalle (gister 217 967) en 6 367 sterftes.
  • Duitsland – 184 923 gevalle (gister 184 470) en 8 736 sterftes.
  • Peru –  183 198 gevalle (gister 178 914) en 5 031 sterftes.
  • Turkye – 167 410 (gister 166 422) gevalle en 4 630 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 027 gevalle (gister 83 022) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 66 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button