Local newsNewsNews

Naweek met kunstige foto’s verwelkom

Die "lockdown-fotograwe" het die week met puik foto's afgeskop en afgesluit. Geniet die versameling ... en neem dalk self 'n mooi foto of twee oor die naweek.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie kunstige foto van die maan geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi sonopkoms foto geneem.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie stillewe foto geneem en in  monochroom verwerk.
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi herfsfoto geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het hierdie mooi makro foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi natuurfoto van die son wat deur die boomtakke loer geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi stillewe opgestel en afgeneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die “sagte”natuurfoto geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het hierdie interessante natuurfoto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie pragtige foto van rose geneem.
    Jan-Albert Erasmus van Vanderbijlpark het ook in die natuur sy prag-foto gevind.
    Die inperking veroorsaak seker dat party mense se skroewe begin los raak. Karin Cronjé van Standerton het ‘n foto om dit te bewys.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van Fouriesburg-sandsteen geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi aksie foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie mooi landskapfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button