Local newsNewsNews

27 skole in Sedibeng nie gereed vir heropening

VANDERBIJLPARK. – Sewe-en-twintig skole in Sedibeng gaan Maandag 8 Junie weens ‘n water tekort en onvoldoende ontsmetting nie hulle gr.7- en gr.12-leerling kan terugverwelkom nie. News 24 berig dat agt distrikte steeds nie hulle persoonlike beskerming toerusting (PPE) ontvang het nie.  Volgens Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir Onderwys, ervaar 67 skole probleme en 53 …

VANDERBIJLPARK. – Sewe-en-twintig skole in Sedibeng gaan Maandag 8 Junie weens ‘n water tekort en onvoldoende ontsmetting nie hulle gr.7- en gr.12-leerling kan terugverwelkom nie.

News 24 berig dat agt distrikte steeds nie hulle persoonlike beskerming toerusting (PPE) ontvang het nie.  Volgens Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir Onderwys, ervaar 67 skole probleme en 53 van dié skole sal nie Maandag heropen nie. Volgens Lesufi sal die lys skole wat nie heropen nie binnekort bekendgemaak word.

Volgens Lesufi is 572 van die 577 skole in Gaunteng deur Bidvest skoongemaak. Daar word ook berig dat die departement van Onderwys 1 800 lede van die jeugbrigade by skole regoor Gauteng gaan ontlplooi om te help met toetsing van mense wat die skole binnegaan en verlaat.

Benewens Covid-19 wat skole lamlê het vandale en kriminele ook skole in die grendeltydperk geteiken.  Gedurende die laaste 14 dae is 29 mense gearresteer vir diefstal by skole en bring dit die aantal arrestasies tot 95.

Volgens die Departement vir Basiese Onderwys is 962 skole regoor die land sedert die inperkinstydperk gevandaliseer en beroof.  Boonop berig News 24 dat  11 Gauteng onderwysers en ‘n leerling positief vir Covid-19 getoets het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button