Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe se Sondag-versameling

Vaalweekblad hoop dat vandag se "lockdown-foto's" sal bydra om die rustige Sondag nog mooier te maak.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in 3 Junie se uitgawe van Vaalweekblad verskyn. Die tweede groep verskyn Woensdag, 10 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto in sy tuin geneem.
    Huibrecht Henning van Henley on Klip het die mooi foto geneem. Sy sê wanneer hierdie spilpunt sy water sproei is dit vir haar man, Coenie, ‘n trots en dankbaarheid om sy lusern te kan sien groei.
    Jan-Albert Erasmus van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
    Jenny Botes van Vanderbijlpark het die pratige foto van die volmaan geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die pragtige foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi sonsondergang deur die boomtakke raakgesien en afgeneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi foto van die luilekker swart kat geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n hadida wat tussen die takke rus geneem.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem. Pierre is ‘n man wat weet hoe om kleur in ‘n foto te gebruik.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het hierdie kunstige foto geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het hierdie makro foto geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die foto van die son wat agter die bome begin wegsak geneem.
    Tom Prins van Drie Riviere, Vereeniging het die kunstige foto opgestel en afgeneem. (Die program het die foto effens gesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi “sagte” foto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.
    Esna Kruger van Vanderbijlpark het die gesiggie afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button