NewsNews
Covid-19 statistiek: Meer as 2 miljoen gevalle in VSA
Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 7 119 802, waarvan net meer as 2 miljoen in die VSA geregistreer is. Tot dusver het die virus reeds 406 660 lewens geëis, terwyl 3 476 346 pasiënte herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 23ste op die lys met 48 285 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 2 008 266 gevalle en 112 477 sterftes (gister – 109 159). ‘n Totaal van 761 723 het tot dusver herstel.
- Brasilië – 691 962 en die derde hoogste sterftesyfer van 37 312.
- Rusland – 476 658 en 5 971 sterftes.
- Spanje – 288 630 en 27 136 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 286 194 en het die tweede hoogste sterftesyfer van 40 542.
- Indië – 258 090 en 7 207 sterftes.
- Italië – 234 998 en 33 899 sterftes.
- Peru – 196 515 en 5 465 sterftes.
- Duitsland – 185 869 en 8 776 sterftes.
- Iran – 173 832 en 8 351.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 040 en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 65 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
