Manjifieke foto’s vir ‘n Maandag
Wat 'n manier om 'n nuwe week mee af te skop! Die "lockdown-fotograwe" so foto's verdien die beskrywing "manjifiek."
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in 3 Junie se uitgawe van Vaalweekblad verskyn. Die tweede groep verskyn Woensdag, 10 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Johan Froneman van Vanderbijlpark het ook ‘n pragtige foto van ‘n besoeker in sy tuin geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die besondere foto in ‘n begraafplaas geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem. 
Magda Swartz van Carletonville het die lieflike sonsondergang foto geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die perfekte volmaan geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark se kunstige bydrae vir vandag. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die prag-foto voor die inperking op ‘n plaas tussen Sasolburg en Wolwehoek geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi herfs natuurfoto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die interessante foto geneem. Sy sê: “It’s the small things in life that matter.” (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Sonja Cameron van Boksburg se foto is ‘n puik uitbeelding van hoe mense na die opwinding van sport begin verlang. 
Die kunstige foto is deur Anita Bester van Kempton Park geneem. 
Bennie Henning van Germiston het beweging in die lugruim bespeur en die foto geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto in ‘n park in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige foto geneem. 
Esna Kruger van Vanderbijlpark het ook op die natuur gefokus. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het ook iets wat “sag is op die oog”afgeneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n boom op haar sypaadjie net na sonsondergang geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
