EUSA eis dat die besluit om skole te heropen, tersyde gestel moet word. Dit sal daartoe lei dat die sowat 24 000 openbare skole en die 3 500 onafhanklike skole gesluit moet word, wat uiteindelik onherstelbare skade sal berokken aan leerders van skole wat gereed is om te heropen, sowel as die onderwysers en personeel.
“Dit is nie slegs leerlinge se grondwetlike reg tot onderrig wat aan bande gelê sal word nie, maar talle beheerliggaamposte wat verlore sal gaan sou die aansoek slaag,” sê dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit.
“Om skole te sluit is nie sonder gevolge nie en sal onherstelbare skade vir die leerling, onderwyser, ouer en gemeenskap inhou. Daar bestaan geen rede waarom skole wat ʼn gesonde leeromgewing vir leerders kan daarstel, en ʼn veilige werksomgewing vir onderwysers en personeel kan skep, gesluit moet wees nie. Solidariteit sal hand-en-tand veg vir ons kinders se reg tot onderrig, en ons onderwysers en personeel se reg om te werk,” het dr. Hermann afgesluit.
Die saak word op 9 Junie in die dringende hof in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.