Local newsNewsNews
11 Junie: 162 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) se eerste Covid-19 sterfte is gister geregistreer na ‘n inwoner van ‘n ouetehuis in Sharpeville (en nie Sebokeng soos aanvanklik gedink is nie) oorlede is. Daar is tans 162 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat nou een sterfte en 56 pasiënte insluit wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 109 (waarvan 39 herstel het) = 70 aktiewe gevalle
Midvaal 21 (waarvan 11 herstel het) = 10 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 19 (waarvan 6 herstel het) = 13 aktiewe gevalle
Daar is steeds 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 7 195 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 890 herstel het en 57 gesterf het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
