News

Petrolprys kan in Oktober tot rekordvlak styg

Slegte nuus vir vuisvoos motoriste: Petrol kan volgende week met sowat R3 per liter styg.

Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende week ’n skerp styging in brandstofpryse verwag, met petrol wat moontlik naby of selfs bo R30 per liter kan draai.

Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui daarop dat petrol volgende week met sowat R3 per liter kan styg.

Die verwagte verhoging is tans R2,93 per liter vir 93-oktaanpetrol en R3,12 vir 95-oktaan.

As dié syfers so bly, kan petrol met sowat R3 per liter styg.

Dieselverbruikers kan ook swaar getref word. Die jongste aanduidings wys op moontlike stygings van tussen R2,73 en R3,13 per liter, terwyl paraffien met sowat R3,38 per liter kan styg.

Die verwagte verhogings word hoofsaaklik deur hoë internasionale oliepryse aangedryf, terwyl die rand se wisselvalligheid ook ’n rol speel.

Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne sal die amptelike brandstofprysaanpassings bekend maak voordat die nuwe pryse op Woensdag 7 Oktober in werking tree.

Indien die huidige projeksies realiseer, sal Oktober se petrolprys die hoogste nóg in Suid-Afrika wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button