News

Jong hengelaar vang indrukwekkende 18,28 kg-baber in Vaalrivier

Wat as ’n gewone dag langs die viswaters begin het, het in ’n onvergeetlike hengelervaring ontaard toe die jong hengelaar 'n tamaai baber gevang het.

MEYERTON – Jaydon Warden, ’n leerder van Destinata Skool, het op 24 September by die Aqua Vaal Hengelklub, ’n indrukwekkende 18,28 kg-baber uit die Vaalrivier getrek.

Die hengelklub is naby die Lethabo-kragstasie.

Die jong hengelaar het reeds omstreeks 07:30 daardie oggend sy vorige persoonlike rekord van 10,6 kg verbeter. Hy sou egter later die middag nog ’n groter verrassing kry.

Die vis was so groot dat die katrol se bearing geseize het en die skepnet geskeur het!

Omstreeks 13:00 het Jaydon ’n byt gekry wat tot ’n sowat 25 minute lange stryd met die groot baber gelei het voordat hy dit uiteindelik suksesvol uit die water kon trek.

Vir die vangs het Jaydon visfilet as aas gebruik, met Maximus X-geursel van Legacy daaroor.

Toe Jaydon besef hoe groot sy vangs is, was sy reaksie eenvoudig: “Yo yo yo yo. My grootste nog!”4

Die vis het die skaal op 18.28 kg laat kreun.

Die groot vangs het egter ook sy eie uitdagings meegebring. Jaydon vertel: “Die vis was so groot dat die katrol se bearing geseize het en die skepnet geskeur het!”

Sy persoonlike beste staan nou op 18,28 kg — ’n aansienlike verbetering op die 10,6 kg wat hy vroeër dieselfde dag gevang het.

Jaydon Warden met sy indrukwekkende 18,28 kg-baber wat hy op 24 September uit die Vaalrivier geland het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button