Fotografie ‘n stokperdjie vir jonk en oud
Die "lockdown-fotograwe" se ouderdomme wissel van juniors so oud soos 12 jaar, tot ouer (of moet ek eerder sê ervare mans en dames) ... maar almal deel dieselfde passie, wat bewys dat fotografie 'n stokperdie vir jonk en oud is! Vaalweekblad is trots om nog 'n versameling pragfoto's met ons lesers te kan deel.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in gister se uitgawe (10 Junie) van Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonsondergang foto geneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto van ‘n dammetjie in ‘n park in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto, wat mens sommer vrolik laat voel, geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie kunstige monochroom foto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van ‘n outydse weegskaal geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het ook vandag ‘n kunstige roete gevolg met ‘n natuurfoto. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die voëls in sy tuin geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie skilderagtige foto geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die geel herfsblare teen die blou lug geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie mooi foto van die bome teen die agtergrond van die donker wolke geneem. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het ook haar kreatiewe talente uitgebeeld met die foto. 
Mattithyah van der Merwe het die pragtige foto al die pad van Kaapstad met ons gedeel. 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n hadida geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die interessante monochroom foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto opgedis. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem. Sy weet beslis hoe om kleur in ‘n foto te gebruik. 
Zanté Oosthuizen (12 jaar) van Vanderbijlpark het ook ‘n selfportret foto ingestuur. 
Snaakse tye waarin ons lewe! Rozan Koen het die interessante foto by die Vaalpark Spar geneem van die kennisgewewing dat mense nie daar moet sit nie. 
Shane du Preez (graad 7) van Vereeniging het hierdie mooi foto net na sononder geneem.