Local newsNewsNews
Werknemer van President Hyper toets positief vir Covid-19
VANDERBIJLPARK. - Die deure van President Hyper, een van die gewildste sentrums in die Vaal, is tans toe nadat 'n werker glo gister positief getoets het vir Covid-19.
Vanoggend was daar ‘n protes by die ingang omdat die werkers daarop aandring dat hulle ook vir Covid-19 getoets moet word. Vaalweekblad het met die bestuur kontak gemaak en hulle het ons verseker dat hulle binnekort ‘n amptelike mediaverklaring sal uitreik om meer inligting te deel. Vaalweekblad sal dit dan so gou moontlik publiseer.
Vaalweekblad se verslaggewer/fotograaf: Lazarus Dithagiso was op die toneel om met van die werkers te praat en foto’s te neem. Nog meer foto’s en inligting volg.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
