Local newsNewsNews

Week met treffende foto’s afgesluit

Vandag word die week op 'n hoë noot afgesluit met pragtige foto's deur ons talentvolle "lockdown-fotograwe."

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in die week se uitgawe (10 Junie) van Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die vuurwarm foto geneem.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie kunstige monochroom foto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die foto van die wolke, wat koue voorspel, geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het hierdie mooi nabyfoto geneem.
    Mattithyah van der Merwe het hierdie pragtige straattoneel vanuit die Kaap met ons gedeel.
    Magdalena Peacock Swart van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto net na sononder geneem.
    Madré Fourie van Vanderbijlpark het hierdie treffende foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie mooi natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het hierdie mooi foto van die wolke geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van ‘n besoekertjie geneem.
    Pienk riffeltjies. Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die kunstige foto van ‘n roos geneem.
    Gerda van den Berg van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang sommer agter in haar erf vasgevang.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto geneem.
    Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto in ‘n park in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem. Hy is ‘n man met ‘n voorliefde vir die son en die maan.
    Anita Bester van Kempton Park het die oulike idee mooi vasgevang. Hierdie is die “before” foto en onder is die “after” foto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button