Local newsNewsNews

Die ‘mooi’ van die lewe vasgevang deur fotograwe

As jy mooi om jou rondkyk is die mooi van die lewe oral sigbaar. Hier is 'n versameling daarvan soos raakgesien deur die "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in die week se uitgawe (10 Junie) van Vaalweekblad verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Magdalena Peacock Swart van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n “feral” katjie geneem wat sy onder haar vlerk geneem het.
    Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige wolke afgeneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die besoeker in haar tuin afgeneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens een van haar oggenduitstappies geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het die stillewe foto geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die mooi natuurfoto geneem.
    Rulanda Kaden het die interresante skaduweefoto in die parkeerarea van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Parktown, Johannesburg geneem.
    Danielle Raaths (13) van Vereeniging het die kreatiewe foto van ‘n Kappertjieblaar met waterdruppels daarop geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi kosmosfoto geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi natuurfoto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die interessante foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die besoekertjie in sy tuin afgeneem wat net voor slaaptyd gou kom water drink het.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die twee “partners in crime” afgeneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die goudgeel blommetjie geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die oulike gesiggie afgeneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto voor die inperking in Parys geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button