Local newsNewsNews

ELM werker toets positief vir Covid-19

VANDERBIJLPARK. -  Die Emfuleni Munisipaliteit (ELM) se hoofgebou in Vanderibijlpark is tydelik gesluit nadat een van hul werknemers in die Administratiewe afdeling positief vir die Covid-19 virus getoets het. Die positiewe uitslag is op Saterdag, 13 Junie 2020 ontvang, waarna Sedibeng area se Covid-19 Rapid Response Team (RTT) onder leiding van Me Joyce Madimabi dadelik tot aksie oorgegaan het.

Volgens ‘n persverklaring is daar reeds begin om mense wat in kontak met die persoon was op te spoor en te toets. Die RTT het op Sondag, 14 Junie die pasiënt se familie besoek om die nodige maatreëls in plek te stel en ook om aan die familie ondersteuning te bied.

As ‘n voorsorgmaatreël sal die hoofgebou in Vanderbijlpark vanaf Maandag, 15 Junie tot Woensdag, 17 Junie gesluit wees om gereinig te word. Ander geboue sal wel oop wees om diens aan die publiek te verskaf.

Mnr Stanley Gaba, Bestuurder: Kommunikasie en Bemarking het telefonies bevestig dat hulle alles in hul vermoë doen om die verspreiding te beperk. Verdere inligting met betrekking tot die maatreëls wat in plek gestel word en die werknemers wat getoets word sal met tyd bekend gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button