Local newsNewsNews

Mooi foto’s om dag nog beter te maak

'n Rustige Sondag word Vaalweekblad se lesers toegewens en ons hoop dat die "lockdown-fotograwe" se mooi foto's die dag nog beter sal maak.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in Vaalweekblad se uitgawe van 10 Junie verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal uit die week se foto’s wat op die webtuiste gedeel is, gekies word en sal  voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word! Die volgende groep veskyn weer op Woensdag, 17 Mei.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n mossie wat ietsie te ete gevang het geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die pragtige natuurfoto geneem.
    Hierdie mooi foto van die bome teen die skemerlug is deur Kirsty Jacobs van Sasolburg geneem.
    Magdalena Peacock Swart van Vanderbijlpark het die oulike foto van twee van haar katte geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van die son wat tussen die bome sak geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto van die “woestynrose” geneem.
    Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pratige foto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het ietsie uit die verlede afgeneem. Dit het aan haar verloofde se oupa behoort.
    Die pragtige foto is deur Anita Bester van Kempton Park geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Bennie Henning van Germiston het die mooi foto in die woonbuurt geneem.
    Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige foto in ‘n park in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem.
    Danielle Raaths (13) van Vereeniging het die mooi foto in Unitaspark geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto geneem.
    Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het met sonopkoms wakker geword met hierdie kruis wat deur die venster geskyn het.
    Frik Müller van Vanderbijlpark het die mooi foto naby President Hyper op Barrageweg geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van die rose geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto in haar tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button