Vlam van belangstelling onder fotograwe brand steeds sterk
Die tyd stap aan en die prag-foto's deur "lockdown-fotograwe" word steeds daagliks ontvang. Vaalweekblad bied dus met trots vandag se versameling foto's aan ons lesers.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in verlede week se Vaalweekblad (10 Junie verskyn). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” is reeds uit verlede week se foto’s wat op die webtuiste gedeel is gekies, en veskyn in Woensdag (17 Junie) se uitgawe.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die veertjie wat vasgevang is geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die mooi natuurfoto geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem. 
Magdalena Peacock Swart van Vanderbijlpark het die pragtige portret van haar kat geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die moderne natuurfoto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto van Doverstasie geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige makro foto van ‘n by geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n oggenduitstappie geneem. 
Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die pratige sonsondergang foto geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto van Danielle geneem. 
Bernard du Toit het die pragtige landskap foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem. 
Charné Wiese van Vereeniging het die besonderde foto “Sonneblomkind” geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto in haar tuin geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die vinkies wat vergadering hou geneem.
