Local newsNewsNews

Diesel tekort laat prys styg

SEDIBENG. – Weens ‘n tekort aan diesel in Gauteng is vulstasie-eienaars genoop om die prys per liter te verhoog. So sê mnr. Jose da Silva, eienaar van Q4 Fuel in Peacehaven en Sharpeville. “Weens die verskil in vraag en aanbod moet ons die prys lig. Dis nie om onsself te verryk nie. My grootste vrees …

SEDIBENG. – Weens ‘n tekort aan diesel in Gauteng is vulstasie-eienaars genoop om die prys per liter te verhoog.

So sê mnr. Jose da Silva, eienaar van Q4 Fuel in Peacehaven en Sharpeville. “Weens die verskil in vraag en aanbod moet ons die prys lig. Dis nie om onsself te verryk nie. My grootste vrees is dat my tenks gaan leegloop. Verskeie verskaffers in Gauteng se tenks is reeds dolleeg. Ons sukkel om diesel in die hande te kry,” het ‘n bekommerde da Silva aan Vaalweekblad gesê. Volgens kenners in die bedryf gaan die tekort aan diesel minstens vir twee weke voortduur.

Dit is slegte nuus aangesien die AA reeds gewaarsku het dat motoriste begin Julie ‘n skerp verhoging kan verwag. Daar word voorspel dat petrol met R1,59 gaan klim, diesel met R1,48 en paraffien met R1.94 per liter. Die basiese brandstof het sedert 1 Junie met agt persent gestyg. Soos wat die aanvraag wêreldwyd gelydelik gaan styg, gaan die prys van brandstof weer terugkeer na vlakke voor die Covid19-pandemie.

Hoewel die rand ook teen die dollar versterk het, meen die AA dat die R4-‘n-liter-besparing wat motoriste tussen Februarie en April geniet het, binnekort uitgewis gaan word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button