Local newsNewsNews

Eer aan drie ‘senior-fotograwe’ met jeugdige uitkyk

Ons het al verskeie kere op die fotoblad gespog met talentvolle junior fotograwe (waarvan die jongste net 12 jaar is), maar vandag word daar gespog met drie besondere "senior dames" wat pas die oudste lede op ons blad geword het. Ella Vermeulen (89) van Vereeniging is die oudste, Annatjie Botes (binnekort 78) van Herfsoord in Vanderbijlpark die tweede oudste, en Hanti Pretorius (69) van Vereeniging wie se foto's reeds van die begin op die blad pronk is die derde oudste. Watter voorbeeld is julle nie vir almal met julle jeugdige uitkyk op die lewe nie. (Ek wil net graag met trots sê dat tannie Ella my eie moeder is).

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die tweede groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in verlede week se Vaalweekblad (10 Junie verskyn). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” is reeds uit verlede week se foto’s wat op die webtuiste gedeel is gekies, en veskyn in Woensdag (17 Junie) se uitgawe.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Ella Vermeulen (89) van Vereeniging het die mooi foto in haar tuin geneem. Sy is tot op hede ons oudste “lockdown-fotograaf”.
    Annatjie Botes (so amper 78) van Herfsoord in Vanderbijlpark het haar bure se mooi orgideë afgeneem. Annatjie is een van die “lockdown-fotograwe” se jeugdige “goue oues”.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem. Die kunstige Hanti is ook een van ons “senior” fotograwe. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Hennie Coetsee van Meyerton wys hoe mooi dit lyk as die son sak oor die dorp.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die besondere foto van ‘n straattoneel geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie buitengewone natuurfoto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg sê sy voel bevoorreg om die leeuwyfie te kon sien en afneem.
    Esna Kruger van Vanderbijlpark het net die regte foto om te wys hoe koud dit die afgelope paar dae is. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Madré Fourie van Vanderijlpark het die mooi landskapfoto op die agterpaaie van Parys geneem.
    Laat ek eers voel hoe koud is die water! Monica Warren van Richardsbaai het die mooi natuurfoto geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark hierdie kunstige monochroom foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie besondere foto van die wolke geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die langoor-besoeker afgeneem.
    Bernard du Toit het die pragtige landskap foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi foto van die voëltjies wat om die kraan baljaar geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto tydens skemer geneem.
    Bennie Henning van Germiston het ‘n pragtige landskapfoto met sonopkoms geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi straattoneel foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button