Local newsNewsNews

Rioolstortings wat rivier besoedel moet gestop word

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Lebogang Maile, versoek om ondersoek in te stel na die voortdurende rioolstortings in Fochville en om maatreëls in te stel om die probleem op te los. Die dorp gaan reeds meer as ‘n jaar lank gebuk onder riool wat vrylik deur woonbuurte en parke vloei.

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat onder gedeeltelike administrasie is, gaan ook gebuk onder rioolstortings wat die Vaalrivier besoedel.

Die VF Plus in Fochville skakel feitlik daagliks met die munisipaliteit se water- en sanitasie-departement, wat op hul beurt pogings aanwend om gebreekte pypleidings te herstel.

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit wat dorpe soos Fochville, Carletonville, Blyvooruitsig, Wedela en Khutsong bedien, is onder finansiële druk en kan nie bekostig om rioolstelsels te vervang en nuwe rioolaanlegte te bou nie.

Riool vloei tans in Ouhoutstraat, deur die Piet Retiefpark na Danie Theronstraat wat in die Enslinspruit beland en daarna weggevoer word na die Mooirivier wat uiteindelik Potchefstroom bereik.

Die ANC-regering het nie die vermoë om dorpe en stede te bestuur nie en die belastingbetaler word ernstig hierdeur geraak.

Die VF Plus sal voortdurend druk op munisipaliteite en die provinsiale regering plaas om toe te sien dat korrupsie en wanbestuur wat lei tot diensleweringsprobleme, uitgeroei word.

Uitgerei deur Amanda de Lange, VF Plus-LPW: Gauteng

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button