Stortingsterrein in Risiville smeul glo al vir dae
VEREENIGING. – Die munisipale stortingsterrein langs Blackwoodstraat in Risiville smeul al vir dae lank nadat daar verlede week ‘n brand onstaan het. Rdl. Hennie Oosthuizen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, sê terwyl die stortingsterreing gedurende vlak 5 van die landwye inperking gesluit was het inwoners daar ingebreek en hul vullis onwettig daar …
VEREENIGING. – Die munisipale stortingsterrein langs Blackwoodstraat in Risiville smeul al vir dae lank nadat daar verlede week ‘n brand onstaan het.
Rdl. Hennie Oosthuizen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, sê terwyl die stortingsterreing gedurende vlak 5 van die landwye inperking gesluit was het inwoners daar ingebreek en hul vullis onwettig daar gestort.
Iemand het vermoedelik verlede week die vullis – wat takke, blare en ander tuinrommel insluit – aan die brand gesteek.
Hoewel die brand geblus is smeul dit steeds die afgelope paar dae. Brandbestryders probeer volgens rdl. Salome Janse van Rensburg, wyksraadslid vir Risiville, al vir 22 uur om die smeulende tuinrommel te laat ophou smeul.
Intussen kla inwoners dat hulle nie kan asem haal met die dik rook in die lug nie.
Volgens Janse van Rensburg is ‘n stootskraper (TLB/Tractor-Loader-Backhoe) aangevra om te help om die smeulende rommel uit te sit.
Die stootskraper is glo vanaf Vaal Marina op pad na Risiville en behoort glo vanmiddag by die stortingsterrein aan te kom.



