Local newsNewsNews

Koue kan nie vuurwarm-passie vir fotografie stuit nie

'n Vuurwarm-passie vir fotografie kan nie deur die ysige koue wat ons tans ervaar gestuit word nie. Hier is vandag se puik versameling deur die "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die derde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in vandag se Vaalweekblad (17 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Mattithyah van der Merwe het die foto in die pragtige Kaap geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n Scarlet-Chested Sunbird geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto op ‘n agterpad in Sasolburg geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuurtoneel afgeneem.
    Zinta Barnard van Vanderbijpark het die mooi herfsfoto geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonopkoms foto geneem.
    Bernard du Toit het die pragtige landskapfoto met indrukwekkende wolke op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Danie Mohr van Henley on Klip het die foto van die reendruppels op die gras met sy selfoon geneem.
    Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die besondere foto in haar tuin geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige landskapfoto geneem.
    Ella Vermeulen (89) – ons oudste fotograaf op die fotoblad – het die mooi foto in haar tuin geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem.
    Huibrecht Henning van Henley on Klip het die oulike foto van haar Trompie geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto in monochroom geneem.
    Karin Cronjé van Standerton ht die interessante natuurfoto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het ook ‘n mooi natuurfoto geneem.
    Madré Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto by die vervalle Heilbronstasie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button