Local newsNewsNewsBreaking News

Smeulende stortingsterrein: Selfs reën wil nie smeulery stuit

VEREENIGING. – Ten spyte van Dinsdag se reënneerslag smeul die munisipale stortingsterrein langs Blackwoodstraat in Risiville smeul steeds. ’n Brand het bykans ‘n week gelede daar ontstaan. Hoewel die vlamme reeds verlede week geblus is, spook brandbestryders reeds vir bykans ’n week om die smeulende tuinrommel te laat ophou smeul. Inwoners kla oor die dik …

VEREENIGING. – Ten spyte van Dinsdag se reënneerslag smeul die munisipale stortingsterrein langs Blackwoodstraat in Risiville smeul steeds.

’n Brand het bykans ‘n week gelede daar ontstaan. Hoewel die vlamme reeds verlede week geblus is, spook brandbestryders reeds vir bykans ’n week om die smeulende tuinrommel te laat ophou smeul.

Inwoners kla oor die dik rook wat hul longe aantas.

Rdl. Hennie Oosthuizen, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, sê daar is reeds vir ure gespook om die smeulery te stuit en meer as 60 000 liter water is reeds op die hoop uitgepomp.

Hy sê die smeulende tuinrommel sal met ’n stootskraper oopgekrap en doodgespuit moet word. Grond sal ook op die hoop gegooi moet word om die smeulery te stop.

‘n Stootskraper (TLB) wat gister vanaf Vaal Marina aangery is om brandbestryders met hul werk te help se bande is gister tydens die brandbestrydingspoging beskadig en is nou ook in vir herstelwerk.

‘n Ander stootskraper is reeds al vir ‘n geruime tyd in vir herstelwerk weens ‘n stukkende alternator. Die landwye staat van inperking het glo herstelwerk aan dié masjien vertraag.

Volgens Oosthuizen sal pogings om die smeulery te stop voortgesit word sodra die toerusting herstel is.

Die stortingsterrein was glo gesluit tydens die staat van inperking maar inwoners het by die stortingsterrein ingebreek en hul rommel – wat tuinrommel insluit – onwettig daar gaan strooi.

Die brand het verlede week ontstaan.

*Die noodnommer vir Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se brand- en reddingsdiens is (016) 360 7500 of (016)  360 5911.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button