Local newsNewsNews

Nog foto’s deur talentvolle “lockdown-fotograwe”

Dit wil gedoen wees op 'n Donderdag! Kyk net die mooi foto's wat deur die "lockdown-fotograwe" geneem is.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die derde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (17 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Monica Warren van Richardsbaai het die geveerde vriendjie afgeneem.
    Magdalena Peacock Swart van Vanderbijlpark het die oulike foto van Phoobee geneem – lekker snoesig toegewikkel.
    Die pragtige foto is deur Michelle Hart van Sasolburg geneem.
    Ria Villjoen van Garsfontein het die kunstige natuurfoto geneem.
    Zinta Barnard van Vanderbijlpark het op die natuur “ingezoom”.
    Albertus Kriel van Vereeniging het ‘n baie kunstige foto van ‘n smeulende vuurtjie geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie foto van die Schoemansdrif-brug naby Parys geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto van haar “vetties na die vorige aand se reën” geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto met sonopkoms geneem.
    Bernard du Toit het die foto van die mooi voëltjie op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige landskapfoto net na sononder geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die kunstige makro foto geneem.
    Ella Vermeulen (89) van Vereeniging het die foto tydens ‘n vakansie geneem, lank voordat daar iets soos ‘n nasionale inperking was.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die tekstuur van die “houtknoets” mooi vasgevang.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die klein “draadsitter” geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het ook ‘n mooi natuurfoto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button