Local newsNewsNews
19 Junie: 497 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het tans 497 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 2 sterftes insluit en 110 pasiënte wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 330 (waarvan 83 herstel het) = 247 aktiewe gevalle
Midvaal 41 (waarvan 17 herstel het) = 24 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 81 (waarvan 10 herstel het) = 71 aktiewe gevalle
Daar is steeds 45 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 15 898 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 4 001 herstel het en 87 gesterf het. Altesaam 686 het ernstige simptome en word in hospitale of klinieke behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
