Local newsNewsNews

Kunstige fotograwe dink buite die boks!

Vandag spog Vaalweekblad met unieke, kreatiewe foto's wat deur die talentvolle "lockdown-fotograwe" geneem is. Miskien inspireer dit ander kranige fotograwe om te eksperimenteer en ook "buite die boks" te dink.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die derde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (17 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie kunstige foto van kleurryke tekstuur in Lorentzville, Johannesburg geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die skaduwees gebruik om die kunstige foto te vermag.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die interessante monochroom foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi silhouette foto van ‘n hadida geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van “feëtjie huisies” geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die herfsblare geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem.
    Ella Vermeulen (89) van Vereeniging het die kleurvolle natuurfoto geneem.
    Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar sussie geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto van die waterdruppels op die vetplante geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van ‘n aalwynblom geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Bernard du Toit het die silhouette foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Sonique Pieterse (15) van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto sommer met haar selfoon geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die kunstige monochroom foto geneem.
    Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie kreatiewe landskapfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button