Local newsNewsNews

Naweek-inspirasie deur ‘lockdown-fotograwe’

So bietjie naweek-inspirasie met komplimente van Vaalweekblad se kranige "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die derde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (17 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Michelle Hart van Sasolburg het die oulike foto van die akkedis wat lekker in die son bak geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die duiwe geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi straattoneel afgeneem.
    Rozan Koen van Vaalpark hierdie kunstige foto in die aand geneem.
    Shane du Preez (Graad 7-leerling) van Vereeniging het die mooi mistige straattoneel afgeneem.
    Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem.
    Adriaan Pieterse van Sasolburg het die mooi foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Anita Bezuidenhout van Vanderbijlpark het die oulike foto van haar skattige viervoet geneem.
    Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige landskapfoto in die vroeë oggend geneem.
    Bernard du Toit het hierdie skilderagtige landskapfoto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van die voëltjie wat by die kraan water drink geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het ook ‘n foto van ‘n tuinbesoeker geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi natuurfoto geneem.
    So bietjie “black magic” – Hennie Coetsee van Meyerton het die natuurfoto geneem. Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die foto net buite haar erf geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het ook ‘n kunstige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die kleurryke kosmosfoto geneem.
    Katelyn Bentley (13) van Drie Riviere in Vereeniging het die mooi foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto van ‘n droë blaar geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van ‘n pou geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button