Local newsNewsNews
22 Junie: Reeds 8 Covid-19 sterftes in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het tans 675 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 8 sterftes insluit en 110 pasiënte wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 474 (waarvan 83 herstel het) = 391 aktiewe gevalle
Midvaal 58 (waarvan 17 herstel het) = 41 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 100 (waarvan 10 herstel het) = 90 aktiewe gevalle
Daar is steeds 43 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 20 822 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 5 306 herstel het en 122 gesterf het. Altesaam 882 het ernstige simptome en word in hospitale of klinieke behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
