Laerskool Risiville gesluit nadat leerling positief toets vir Covid-19
VEREENIGING. – Laerskool Risiville is gesluit nadat ’n leerling van die skool glo positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het. Die skool sê in ’n verklaring dat die leerling se ouers die skool op 20 Junie daarvan verwittig het. Dit is glo ‘n gr. 7-leerling “Die leerder het skool bygewoon tot Maandag 15 Junie en …
VEREENIGING. – Laerskool Risiville is gesluit nadat ’n leerling van die skool glo positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het.
Die skool sê in ’n verklaring dat die leerling se ouers die skool op 20 Junie daarvan verwittig het.
Dit is glo ‘n gr. 7-leerling
“Die leerder het skool bygewoon tot Maandag 15 Junie en die gesin is vanaf 16 Junie in self-isolasie omdat die pa simptome begin toon het en die betrokke gesin vir toetsing gegaan het,” lui ’n uittreksel uit die verklaring.
Die skool meen in die verklaring dat die kans dat die leerling die virus by die skool kon opgedoen het gering is.
Volgens die verklaring word die skool op Maandag 22 Junie weer professioneel en diep skoongemaak inlyn met die regulasies en staandaarde van die Gesondheidsdepartement en die Nasionale Insitituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika.
“Die regte protokol word gevolg en die skool sal heropen as die nodige toestemming van die distriksdirekteur en gesondheidsdepartement ontvang is. Die heropeningsdatum sal so spoedig as moontlik gekommunikeer word,” lui die verklaring.
Intussen is daar verneem dat die skool weer op Dinsdag 23 Junie kan heropen.
Die skool het ‘n beroep op ouers en die gemeenskap gedoen om nie valse inligting via sosiale media te versprei nie aangesien dit onnodige paniek kan saai.
Die skool sê hy volg deurgans streng higiëne maatreëls om die verspreiding van die COVID-19 virussiekte te voorkom en almal se veiligheid te verseker.
Vaalweekblad het navraag gedoen by Steve Mabona, ‘n woordvoerder van die Gautengse Onderwysdepartement. Hy sê syfers sal eers teen Vrydag beskikbaar wees.


