Local newsNewsNewsBreaking News

Laerskool Risiville skoongemaak, Dinsdag weer oop

VEREENIGING. – Laerskool Risiville sal reeds Dinsdag 23 Junie heropen. Dit volg nadat die nodige diep skoongemaakprosesse glo gevolg is in ooreenstemming met die regulasies en standaarde van die Gesondheidsdepartement en die Nasionale Insituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika. Die skool was Maandag 22 Junie gesluit nadat ’n leerling van die skool glo positief vir …

VEREENIGING. – Laerskool Risiville sal reeds Dinsdag 23 Junie heropen.

Dit volg nadat die nodige diep skoongemaakprosesse glo gevolg is in ooreenstemming met die regulasies en standaarde van die Gesondheidsdepartement en die Nasionale Insituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika.

Die skool was Maandag 22 Junie gesluit nadat ’n leerling van die skool glo positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het.

Die gr. 7-leerling is reeds saam met sy familie in self-isolasie.

Die skool het laatmiddag in ‘n kennisgewing ouers laat weet dat die distriksdirekteur, P. Metsing, toestemming vir die heropening van die skool gegee het.

“Ons wil u verseker dat alle betrokke partye se gesondheid en welstand ten alle tye eerste gestel word. Skool gaan voort soos normaal,” die skoolhoof, mnr. Marius Willemse, laat weet.

Laerskool Risiville sal weer Dinsdag 23 Junie heropen nadat skoonmaakprosesse gevolg is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button