Lockdown-fotograwe skop week af met prag-versameling
Daar is nie 'n beter manier om die week af te skop as met 'n pragtige fotoversameling deur Vaalweekblad se "lockdown-fotograwe" nie. Vergeet vir 'n wyle van Maandag se stres en geniet die foto's.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (24 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat gedurende die week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van die houtkappertjie in haar tuin geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie mistige monochroom foto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie pragtige foto van ‘n roos geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton se besondere foto kan selfs tot hulp wees vir diegene wat snags sukkel om te slaap … of hoe? 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het vroegoggend die koue aangedurf om die pragtige foto te neem. 
Karin Cronjé van Standerton het ook ‘n mooi natuurfoto geneem. 
Jacques Pretorius (13) van Alberton het die pragtige tekstuur foto in monochroom aangebied. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto geneem. 
En so word die ou krappie middagete. Monica Warren van Richardsbaai het die besondere foto geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het met kleur gespeel om die kunstige natuurfoto te neem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto op ‘n plaas naby Wolwehoek geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto tussen die lang gras geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark is ‘n fotograaf wat daarvan om met lig te speel en sodoende buitengewone foto’s op te dis. 
Bernard du Toit het hierdie mooi wolke op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld vasgevang. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad woon nou in Abbotsford, Kanada. Sy het die foto van die oulike skillie tydens ‘n besoek aan die Vancouver-dieretuin geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die ook ‘n “sagte” natuurfoto geneem.
