Local newsNewsNewsBreaking News

Polisiestasie sluit weer nadat “minstens tien” beamptes glo positief vir die Covid-19 toets

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark-polisiestasie sal vanaf 13:00 Woensdag 24 Junie tot en met 01:00 Donderdag 25 Junie gesluit word sodat die stasie ontsmet kan word. Dit volg nadat minstens tien beamptes by die polisiestasie glo positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het, dit volgens ’n anonieme bron. Kol. Noxolo Kweza, ’n woordvoerder van die polisie …

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark-polisiestasie sal vanaf 13:00 Woensdag 24 Junie tot en met 01:00 Donderdag 25 Junie gesluit word sodat die stasie ontsmet kan word.

Dit volg nadat minstens tien beamptes by die polisiestasie glo positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het, dit volgens ’n anonieme bron.

Kol. Noxolo Kweza, ’n woordvoerder van die polisie se hoofkantoor, het laatmiddag aan Vaalweekblad bevestig dat die stasie more gesluit sal word.

“Ons kan bevestig dat die polisiestasie gesluit sal word vir dekontaminasie, maar ons kan ongelukkig nie bevestig hoeveel beamptes positief vir die Covid-19 virussiekte getoets het nie,” het Kweza aan Vaalweekblad gesê.

Vaalweekblad het vroeër berig dat die polisiestasies in Bophelong en Vanderbijlpark onlangs moes sluit vir dekontaminasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button