Local newsNewsNews

Lockdown-foto’s: Alles en nog wat op ‘n Woensdag

So in die middel van week het die "lockdown-fotograwe" iets van alles afgeneem en ingestuur. Geniet vandag se wye verskeidenheid foto's.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (24 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie buitengewone monochroom foto geneem.
    Bernard du Toit het hierdie pragtige landskap foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto in Brakpan geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
    Aan die einde van die reënboog is ‘n pot goud – in hierdie geval dalk twee. Madré Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kleurryke makro foto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van ‘n zebra geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het die mooi lyne raakgesien en hierdie abstrakte foto geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het hierdie mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi silhouette foto geneem.
    Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi landskap foto tydens ‘n vakansie geneem.
    Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad woon nou in Abbotsford, Kanada. Sy het die foto tydens ‘n besoek aan die Vancouver-dieretuin geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto in haar tuin geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die interessante stillewe foto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto in haar tuin geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die besondere makro foto geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi mistige landskapfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button