Rudi Claase uit hospitaal ontslaan
Die geliefde Afrikaanse minnesanger, Rudi Claase ('n boorling van Vanderbijlpark) is veilig terug by die huis na hy in die hospitaal opgeneem was met asemhaling probleme en 'n operasie moes ondergaan.
Rudi se vrou, Suzette, het voor die operasie op sosiale media gesê dat dit vir haar vreeslik moelik is om nie by haar man te kan wees terwyl hy in die hospitaal is nie.
Sy het gelukkig laat weet dat Rudi uit die UNITAS-hospitaal ontslaan is. Sy het al Rudi se aanhangers bedank wat hom en haarself in die tyd ondersteun het. Sy het ook in besonder vir prof. Van der Walt en sy span bedank vir hul uitstekende diens.
Die probleem wat Rudi met asemhaling ondervind het is uitgesorteer, en hoewel hy nog effense pyn ervaar is hy darem weer terug in Suzette se arms.
Rudi het self op sy Facebookblad sy aanhangers gerus gestel dat dit met hom beter gaan en ook meer oor die operasie verduidelik. Dis was egter duidelik dat die geliefde sanger nog redelik deurmekaar en in pyn was.
