Local newsNewsNews

Talentvolle fotograwe beïndruk steeds

Daar is elke dag iets nuut om na uit te sien op Vaalweekblad se fotoblad. Dit is alles te danke aan die talentvolle "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi landskapfoto geneem.
    June Bartlett van George se oulike Yuki was ‘n gewillige modelletjie.
    Christine du Preez van Alberton het hierdie tipiese wintersfoto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie sagte foto in skakerings van pienk geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie oulike mossie in haar tuin afgeneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het hierdie interessante foto geneem.
    Jacques de Lange van George het hierdie kleurryke natuurfoto geneem.
    Karin Cronje van Standerton het hierdie mooi foto van die zebras in Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie treffende natuurfoto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het ook ‘n ernstige model gehad wat mooi stil gesit het vir die foto.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto tydens ‘n vroeë oggend uitstappie geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige natuurfoto geneem.
    Vernietig! Michelle Hart van Sasolburg het die foto geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto van ‘n jakkals in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van die maan geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n windpomp geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlparp het die pragtige monochroom landskapfoto geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het die moderne nagfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button