Lockdown-fotograwe ondersteun mekaar en groei saam
Die "lockdown-fotograwe" stuur reeds 'n geruime tyd hul pragfoto's aan Vaalweekblad sodat dit met lesers gedeel kan word. Dit is voorwaar duidelik dat die fotograwe mekaar ondersteun en saam hulle passie uitleef en verbeter. Namens Vaalweekblad wil ek graag ons fotograwe bedank en aanmoedig om hul talent te ontgin.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn, die vyfde groep verskyn weer op 1 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Monica Warren van Richardsbaai sê met die foto: “When the sun sets, some of the darkest leaves also gets a silver lining! I will never stop looking for the good in everything”. – Dankie vir die pragtige booskap Monica. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie moderne makro foto geneem. (Die program het ongelukkig die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige landskapfoto met sononder geneem. 
Stilte voor die storm. Rozan Koen van Vaalpark het die foto geneem as uitbeelding van hoe mense wag om te gaan werk. 
Sanet Nicklbauer van Vanderbijlpark hierdie mooi foto van ‘n roos met ryp daarop geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom natuurfoto geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die pragtige landskapfoto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die pragtige toneel met sonsondergang geneem. 
Bernard du Toit het hierdie kunstige foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem. 
Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie foto in Malgas geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto sommer in haar etenstyd geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie pragige natuurfoto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton sê met die foto: “Die dood van die blom bring nuwe lewe voort met die saadjies.” – Dankie vir die mooi boodskap. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto tussen die mis deur geneem. 
June Bartlett van George het die mooi foto van ‘n pragitge “King Protea” geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die mooi lankskapfoto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die bome met sondonder geneem. 
Vaalweekblad verwelkom nog ‘n junior “lockdown-fotograaf”. Leandré Burger (net 12 jaar) van Vanderbijlpark het die pragtige foto tydens ‘n hengeluitstappie saam met haar ouers geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie dramatiese monochroom landskapfoto geneem.
