Local newsNewsNews

Vanderbijlpark substasie tuimel inmekaar

VANDERBIJLPARK. - Groot dele van die dorp is alweer sonder krag en dit wil blyk of dit 'n groot probleem is wat nie baie vinnig opgelos gaan kan word nie. Die substasie in Teebosstraat, SE3 het inmekaar getuimel. Dit veroorsaak kragprobleme in SE3, SE4 en dele van SW5.

Hopelik sal die krag weer aangesit kan word sodra dit veilig is. Dit sal egter net krag aan sekere areas kan voorsien soos dele van SE4, SW5 naby die “golf estate”.

ELM is bewus van die probleem en werk reeds daaraan. Mense word egter aangeraai om gereed te maak en voorsorg the tref vir ‘n langdurige tydperk sonder krag in SE3. Dit word as een van die ergste voorvalle rakende die soort en grootte substasie beskryf.

Daar is ook slegte nuus vir inwoners in die CW-areas: daar is weer ‘n probleem met ‘n “transformer breaker” by die substasie en dit beteken dat die CW-areas, Bonanne, Stephanopark en Muvhango ook sonder krag sal wees vir ‘n geruime tyd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button