Lockdown-fotograwe se Saterdag-versameling
Hier is vandag se mooi foto's danksy die passievolle "lockdown-fotograwe".
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn, die vyfde groep verskyn weer op 1 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie wintersfoto van die kaal bome geneem. 
Leandré Burger (12 jaar) van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem. 
Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie mooi monochroom foto geneem. 
Mattithyah van der Merwe het hierdie mooi foto vanuit die Kaap gestuur. 
Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi foto geneem. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het hierdie kunstige foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het hierdie kunstige foto geneem. 
Sonja Naude het die foto van die effek van winter op die plante het geneem. 
Amanda Vermeulen van Kempton Park het die foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Bernard du Toit het die natuurfoto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem. 
Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het hierdie foto in Witsand geneem. 
Chanelle Vorster van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Eileen Pretorius van Alberton het die foto van die boomtakke teen die blou lug geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die akkedis wat in die son lê en bak geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die grondpad wat in die mis wegraak geneem.
