Local newsNewsNews

Natuur ‘n groot aantrekkingskrag vir fotograwe

Dit blyk dat die fotograwe hul "vryheid" geniet en die meeste verkies om hul vrye tyd in die natuur deur te bring. Geniet vandag se versameling wat meestal op die prag van die natuur fokus.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in die week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn, die vyfde groep verskyn weer op 1 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Anita Bester van Kempton Park het die pragtige natuurfoto geneem.
    Bernard du Toit het die mooi lanskapfoto met sondonder op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Bubbles du Plessis van Tulbagh het die mooi foto van haar tuisdorp geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto van ‘n by in haar tuin geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die sagte natuurfoto geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die interessante foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die kolganse in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die mooi foto van die skilpad in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto op ‘n koue oggend geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die maan geneem.
    Leandré Burger (12 jaar) van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie mooi monochroom foto geneem.
    Mattithyah van der Merwe van die mooie Kaap het hierdie pragtige foto geneem toe die son sak.
    “When the night comes.” Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi, amper onheilspellende foto, geneem.
    Nico Snygans van Viljoensdrift het hierdie foto van die uiltjies wat in sy huis se koorsteen bly geneem.
    Piet Sachse het die foto van die Letabo-kragstasie in Sasolburg geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto tussen die bome geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark het ‘n kunstige uitkyk op die lewe. Sy het die mooi lyne raakgesien en vasgevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button