Local newsNewsNews

Voortreflike fotoversameling!

Die “lockdown-fotograwe” het vandag vir  ‘n voortreflike fotoversameling gesorg wat mens sommer in die regte bui sit vir die week. Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die …

Die “lockdown-fotograwe” het vandag vir  ‘n voortreflike fotoversameling gesorg wat mens sommer in die regte bui sit vir die week.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe het in verlede week se Vaalweekblad (24 Junie) verskyn, en die vyfde groep verskyn Woensdag, 1 Julie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige stillewe met diep kleure geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem terwyl die veld langs die pad in vlamme was.
    Rozan Koen van Vaalpark het die mooi monochroom foto geneem.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
    “Siek en sat om by die huis te bly”- Anita Bester van Kempton Park het die oulike uitbeelding afgeneem.
    Bernard du Toit het die mooi natuurfoto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem.
    Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het dié donker dramatiese landskapfoto geneem.
    Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige foto in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem.
    Danie Mohr from Henley on Klip took this photograph. “Keeping the cold away with a good old wood fire” he says.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto sommer tydens haar etenstyd geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto van haar hondekind geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto van ‘n roos geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mannetjie Bontrokkie in die Rietvlei Natuurreservaat afgeneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die donker onheilspellende foto geneem.
    Karin Cronjé van Standerton het die pragtige foto op haar pa se plaas geneem. Die foto het in sy eenvoud en ryk kleure soveel trefkrag!
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
    Mario Fourie het hierdie besondere foto vroegoggend in Vereeniging by Scaw Metals geneem.
    Leandré Burger (12 jaar) van Vanderbijlpark het die mooi foto tydens ‘n hengelnaweek saam met haar ouers geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button